‘n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika – 2022 Uitgawe

R550.00

Opgedateerde gids oor slange van Suider-Afrika met nuwe navorsing oor gedrag, identifikasie en meer. Onontbeerlik vir slangliefhebbers.


Available Sources

SourceProduct LinkPriceDate Last Checked
African Snakebite InstituteView ProductR550.002025-10-07 00:00

Description

Hierdie langverwagte derde uitgawe van ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika is ten volle opgedateer. Nuwe inligting gebaseer op wetenskaplike navorsing is ingesluit, en hou verband met gedrag, identifikasie, voortplanting en gif.

Kenmerke van hierdie boek:

  • Dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slanggedrag.
  • Spesies se beskrywings word vergesel van volkleur foto’s en verspreidingskaarte.
  • Eenvoudige simbole maak belangrike inligting dadelik beskikbaar.
  • ’n Aparte ‘Kyk uit vir’ blokkie help om spesies in die veld gou te identifiseer.
  • Hoofstukke oor klassifikasie en identifikasie, aanhou van slange, en die behandeling van slangbyte vul die inligting aan.

Hierdie omvattende gids sal van onskatbare waarde wees vir herpetoloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers en enigeen wat meer van slange wil weet.

Ook beskikbaar in Engels.

Skrywer: Johan Marais
Titel: ‘n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika
ISBN: 9781775847519
Formaat: Sagteband
Publikasiedatum: September 2022
Uitgewer: Struik Nature
Bladsye: 360